AfrikaansTranslators

Revision 4 as of 2005-12-20 22:49:24

Clear message

Ubuntu, Edubuntu en Kubuntu in Afrikaans

Hierdie is die tuisblad en verwysdokument vir Afrikaanse vertalers van *buntu en ander oopbronsagteware.

Om by te dra moet mens lid wees van [https://launchpad.net/+login Launchpad], asook lid van die [https://launchpad.net/people/ubuntu-l10n-af Afrikaanse vertalergroep]. Die programme, dokumente en ander bladsye wat moet vertaal word is beskikbaar by https://launchpad.net/rosetta. Ongelukkig het ek nog nie uitgevind hoe om net die onafgehandelde Afrikaans vertaaltake te vind nie - jy moet eers die program of verspreiding kies, dan die taal. Kan enigeiemand dit verduidelik?

Moet daar 'n eposlys vir Ubuntu-Afrikaans wees? Voeg jou eie komentaar by aan die einde van hierdie bladsy.

Rosettahulpbronne

Rosetta is 'n aanlyn stelsel waar al die vertalings van verskeie Linux verspreidings en die programme wat deel daarvan is saamgebring is. Dit is saamgetrek in [https://launchpad.net Launchpad] met ander instandhoudingtake soos bugtracking (in Malone) en spesifikasies.

  • ["Rosetta"] - die hoofblad.
  • ["RosettaFAQ"] - met al jou VVVe (veel voorkomende vrae).
  • RosettaWishList - waar Rosetta-gebruikers daaroor kla, maar dis 'n goeie plek om te sien wat mense daarmee maak.

Vertalerhulpbronne

Om ooreenstemming tussen ons vertalings te handhaaf, is dit nodig om bronne vir rekenaarterme te koördineer. Die volgende is 'n lys van moontlike bronne, gerangskik in orde van betroubaarheid. Raadpleeg hulle asseblief in die orde gegee!

  1. http://groups.yahoo.com/group/rekenaarterme/: om woordlys te kry moet lidmaatskap goedgekeur word (hoekom?). Omtrent 200 eposte in 2005, nuwe terme kan gepos word op 'n eposlys. Noem hulleself "Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme (WAITT)". Sal ons 'n kopie op ons webblad sit (verkieslik op 'n subblad van hierdie) - dis onder kopiereg, maar vrylik beskikbaar?

  2. http://www.nb.co.za/Pharos/Skryfafrikaans/saArticleDisplay.asp?iCategory_id=73: gedateer 2003-03-07 maar sê dit is die jongste termlys van bogenoemde Yahoo-groep. Blyk om die beste nie-lidmaatskap woordlys te wees.

  3. http://www.afrikaans.com/rekenaarterme.html: Stigting vir Afrikaans, gedateer 2001-11-09 en gebaseer op Yahoo-groep (WAITT). Bevat 'n stylgids ("E-pos of e-pos of vonkpos of iemyl") asook 'n kontak vorm om terme by te dra (werk dit?). Gestig deur wyle professor Johan Combrink, verwys na Samuel Murray.

  4. http://www.geocities.com/Wellesley/5897/le06.html: webblad van Samuel Murray, laaste datum daarop is 2001-05-04. Bevat omtrent 500 terme.

  5. AfrikaansTranslators/VertalerWoordeboek: ons een - voeg asseblief by!

  6. http://members.tripod.com/~vds/afroppinet/woordelys.html: baie klein lysie.

  7. http://www.geocities.com/lacialacia/termtemp/: "foldoc" projek, stuur besokers na ander webblaaie (geen terme hier beskikbaar) insluitende http://www.up-front.co.za/cgi-bin/pywiki?RekenaarTerme (wat nie werk nie), [http://www.afrikaans.com/rekenaarterme.html Stigting vir Afrikaans], en [http://www.geocities.com/Wellesley/5897/le06.html Samuel Murray]. Verwys na informele termlyste op die Yahoo-groep. Klein bibliografie van tegniese woordeboeke.

Let wel: egroups is dieselfde as Yahoo-groepe.

Ek vermoed daar sal verdere terme wees wat te generies is vir die WAITT/Yahoo-groep, soos "collapse a menu" en "completed" en "burn (a CD)". Ek glo dit is baie belangrik om (a) sulke terme korrek en gepas te vertaal om nie-rekenaarkundiges nie te laat skrik met moeilike woorde nie en (b) altyd in dieselfde konteks dieselfde woord te gebruik, om gebruikers te laat leer wat dinge beteken. Rosetta gee wenke vir sulke ekwivalente terme waar dit kan, maar dit is waar ons eie bladsy /VertalerWoordeboek belangrik gaan wees. As 'n woord in een van die voorgekeurde bronne (bo) verskyn, gebruik dit; as dit nie verskyn, voeg dit by /VertalerWoordeboek.

Take

Leserskomentaar